Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

12 Desember 2008

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHÉ,
BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE

Invoere beperk oor dioksien

Die MPO neem kennis van die Departement van Landbou se verbod op die invoer van sekere voedsel produkte, suiwel ingesluit, afkomstig vanuit die EU, veral Ierland, wat moontlik dioksien bevat.

Die Direktoraat Veeartsenykunde het in ’n verklaring gesê dioksien is in varkvleis in Ierland gevind waarna besmette veevoer as die bron vasgestel is. Na aanleiding hiervan is die invoer van ander dierlike produkte wat moontlik besmet is gestaak.

Die MPO het sy waardering teenoor die Departement uitspreek vir sy pro-aktiewe optrede om nie slegs die verbruiker nie maar ook die betrokke landboubedrywe te beskerm teen hierdie gevaarlike middel.

Die MPO wil weereens beklemtoon dat verbruikers ten alle tye bedag moet wees op die oorsprong van voedselprodukte.

Vir nadere inligting, kontak Etienne Terre’Blanché by 012 843 5600 of 082 900 7676 of e-pos etienne@mpo.co.za.

Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article