Welcome to The Dairy Mail
MPO press releases
24 November 2008
PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR LUTZ NELL,
BESTURENDE DIREKTEUR VAN AGRIBONUS
AgriBonus vier ‘n dekade van lojale diens
Die landbou-lojaliteitsprogram, AgriBonus, het sy tiende verjaarsdagvieringe op ‘n hoë noot afgesluit, toe die gelukkige wenners in sy tiende verjaarsdagpromosie, hulle pryse op 19 November ontvang het. Altesaam ses wenners – drie AgriBonuslede en drie verkoopsverteenwoordigers van deelnemende vennote – het elkeen ‘n Suzuki DR200 SE gewen.
AgriBonus is sedert 1 September 1998 die enigste lojaliteitsprogram eksklusief vir boere in Suid-Afrika. Die program het sy verjaarsdag saam met sy diensvennote en kompetisiewenners gevier, tydens ‘n aksiebelaaide pretdag by African Outdoor Adventures duskant Hartbeespoortdam in Noordwes. Die dag is moontlik gemaak deur Suzuki en Nissan SA.
Deelnemers kon hulle bestuursvaardighede toets op Suzuki se Ozark vierwielmotorfietse en het ook geleentheid gekry om Nissan se reeks motorvoertuie, asook vierwielaangedrewe voertuie, uit te toets. Dié wat goed kan mik, kon hulle vaardigheid op die boogskietbaan op die proef stel. Al die aktiwiteite het onder die wakende oog van African Outdoor Adventures se puik opgeleide instrukteurs plaasgevind. Die aand is afgesluit met die oorhandiging van die motorfietse, gevolg deur ‘n ete.
Die wenners van die motorfietse is: Riek Oosthuizen van Alnet (verkoopsverteenwoordiger in Johannesburg), Jaques van Zyl van Pfizer (verkoopsverteenwoordiger in Hanover), Juan Kruger, ook van Pfizer (verkoopsverteenwoordiger in Naboomspruit), Piet van Wyk (AgriBonuslid in Hartbeespoort), Van Zyl Venter (AgriBonuslid in Hanover) en Flippie Blignault (AgriBonuslid van Bultfontein in die Vrystaat).
Benewens die groot pryswenners, het talle ander AgriBonuslede van Augustus tot Oktober vanjaar, gebaat by maandelikse gelukkige prystrekkings waartydens goedere soos televisies en broodmakers weggegee is. Lede verdien punte op aankope by enige van AgriBonus se lys van goedgekeurde vennote, waaronder bekende name soos Pfizer (die program se oudste vennoot), Alnet, Laeveld Agrochem en Molatek. Punte kan dan ingeruil word op goedere vanuit AgriBonus se Bonus Shop. Die vennote se verkoopsverteenwoordigers word ook beloon vir hulle aktiewe betrokkenheid by die program, deurdat hulle ook in aanmerking kom vir pryse tydens promosies.
Lidmaatskap van AgriBonus is gratis en hoewel dit op boere gemik is, kan enigiemand aansluit deur die AgriBonus dienssentrum te skakel by 012 843 5600. Meer inligting is ook beskikbaar op hul webwerf by www.agribonus.co.za.
Vir meer inligting en navrae, skakel Anine Ludick by 012 843 5670.
Einde
About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links
E-mail this article