Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

18 November 2008

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHÉ,
BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE

Suiwelprodusente voel die druk

‘n Dalende internasionale en plaaslike vraag na suiwelprodukte, het tot skerp prysdalings op die wêreld- en Suid-Afrikaanse markte gelei, sê Etienne Terre’Blanché, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie (MPO).

“Hierdie dalings in produkpryse, tesame met ‘n ooraanbod kaas en langlewemelk op die plaaslike mark, het bygedra tot skerp dalings in produsentepryse. Terwyl produsente se kostes met soveel as 50c per liter en meer gestyg het, het inkomste met sowat 50c per liter gedaal.”

Volgens Terre’Blanché maak die daling in produsentepryse dit vir produsente onmoontlik om stygende insetkostes te dek.

“In die meeste gevalle word die totale melkinkomste tans aangewend vir die aankoop en produksie van voer. Dus dek die melkinkomste nie vaste uitgawes soos salarisse, rente, elektrisiteit, onderhoud en skulddelging nie.

“Die omstandighede plaas talle produsente in ‘n ernstige finansiële posisie,” sê Terre’Blanché.

Die MPO het ‘n beroep op melkkopers en -verwerkers gedoen om voorsieningsbestuur só toe te pas, dat die oorlading van sommige marksektore verhoed word. “Indien dit nie gebeur nie, sal dit die hele mark negatief beïnvloed,” sê Terre’Blanché.

Hy het ook ‘n beroep op melkkopers gedoen om nie die finansiële druk wat weens marktoestande ontstaan het, na produsente af te wentel nie. “Produsentepryse moet so spoedig moontlik na meer sinvolle vlakke terugkeer, om ‘n andersins onafwendbare krisis te voorkom,” sê Terre’Blanché.

Vir nadere inligting, kontak Etienne Terre’Blanché by 012 843 5600 of 082 900 7676 of etienne@mpo.co.za.

Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article