Welcome to The Dairy Mail
MPO press releases
8 Mei 2008
PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR BERTUS DE JONGH, HOOFUITVOERENDE BEAMPTE VAN MPOSA
Nuwe leisels vir Agri Inspec
Agri Inpec het dr Hennie Kleynhans aangestel as bestuurder ten einde doeltreffendheid te verhoog en die organisasie se sakehorisonne te verbreed. “Die stap is geneem na aanleiding van ’n besluit deur die Mposa-direksie om die bestuurskader van die maatskappye in sy groep te versterk,” het Bertus de Jongh, hoofuitvoerende beampte van Mposa, gesê.
Agri Inspec is ’n ondersoekagentskap wat moniteringsdienste aan landbou en korporatiewe bedrywe lewer, hoofsaaklik om onwettige invoere, handel en ander ongerymdhede rakende invoere hok te slaan.
“Ons is baie opgewonde oor sy aanstelling en glo dat Agri Inspec gaan baat by sy kennis, insig en ervaring, beide wat betref bestuurspraktyke en spesialis landboukennis. Hy is was betrokke by die bestuursommekeer van verskeie maatskappye en sal Agri Inspec tot op die volgende vlak kan neem,” het De Jongh gesê.
Keynhans is ’n bekende in suiwelkringe. Hy was tot onlangs die besturende direkteur van Woodlands Dairy, Suid-Afrika se derde-grootste suiwelmaatskappy. Ander maatskappye wat al by sy bestuursvernuf gebaat het, was Sasol, Ceres Vrugtesappe en Crown Cork.
Kleynhans se kwalifikasies sluit in ’n BSc (Chem), Bcom (Stat), MBA (cum laude) en DBA.
Vir nadere inligting, skakel Bertus de Jongh by 012 843 5600.
Einde
About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links
E-mail this article