Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

15 April 2008

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE, BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE

Vennootskap tussen MPO en regering
’n Deurbraak vir samewerking tussen die regering en bedryfsorganisasies, is bewerkstellig toe die Melkprodusente-organisasie (MPO) en die nasionale Departement van Landbou, onlangs in Pretoria vergader het.

Die Departement en die MPO het hoë-vlak samesprekings gevoer tydens ‘n werkswinkel tussen dié twee partye. Areas binne die suiwelbedryf wat oor die potensiaal beskik om die bedryf oor die kort termyn (drie tot vyf jaar) met 15% te laat groei, is bespreek.

“Sewe areas is geïdentifiseer waar formele samewerking of vennootskappe tussen die MPO en die Departement die bedryf kan stimuleer om die verlangde groei van 15% te bewerkstellig,” sê Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die MPO.

Subkomitees is benoem vir die sewe areas, met die opdrag om ’n projekplan op te stel vir bespreking deur die volle komitee teen middel Junie 2008.

Die vergadering is gelei deur me Vangile Titi, die Departement se adjunk-direkteur-generaal van sektordienste en vennootskappe.

Vir nadere inligting, kontak Etienne Terre’Blanche by 012 843 5600 of 082 900 7676 of Barbara Bieldt by 083 235 2629.

Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article