Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

27 Maart 2008

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE, BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE

Virtuele melkbeurs geloods
Melkprodusente en melkkopers sal binnekort melk op die internet kan verhandel. Op inisiatief van die Melkprodusente-organisasie (MPO) en Market Square South Africa is ‘n eiesoortige internet-gebaseerde handelsplatform vir melkprodusente en melkkopers geskep.

“Dié handelsplatform sal produsente in staat stel om hulle melk gelyktydig aan die hele Suid-Afrikaanse mark te bied en hulle melk aan die koper met die hoogste bod toe te staan. Terselfdertyd bied dit melkkopers die geleentheid om op nasionale vlak van meer produsente melk te verkry,” het Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die MPO gesê.

Die melkbeurs sal hoofsaaklik daarop gemik wees om binne die standaard raamwerk, kontrakte van ses tot twaalf maande te verhandel. Dit sluit egter nie korter termyne uit nie en eenmalige transaksies word ook deur die melkbeurs voorsien.

“Ons glo dié beurs sal beide melkprodusente en -kopers in staat stel om kontrakte teen die beste moonlike prys vas te stel, om sodoende ’n meer doeltreffende markomgewing vir melk te skep,” het Terre’Blanche gesê.

Vir nadere inligting, kontak Etienne Terre’Blanche by 012 843 5600 of 082 900 7676 of Duncan Clements by 011 974 1055 of 082 318 8865.


Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article