Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

4 Februarie 2008

KENNISGEWING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE, BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE

Melkverwerkers voor kommissie gedaag, nie produsente nie
Verkeerde terminologie is onlangs in verskeie nuusuitsendings gebruik in ‘n berig oor die Mededingingskommissie se ondersoek na melkverwerkers se rol in beweerde inmenging met die melkprys.

Melkverwerkers Clover SA, Parmalat, Milkwood Dairy, Nestlé SA, Ladismith Cheese, Woodlands Dairy en Lancewood is verkeerdelik “melkprodusente” genoem in verskeie radio- en TV-uitsendings.

“Hierdie saak het betrekking op die Mededingingskommissie se ondersoek na prysmanipulering tussen melkkopers rakende prysbepalings na die melkprodusent en nie die kleinhandel en verbruiker nie,” sê Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie (MPO)

Die MPO vra dat die media daarop moet let dat “melkprodusente” melkboere is en dat “melkverwerkers” melk koop by produsente vir verwerking, waarna hulle dit deur die kleinhandel versprei.

Die MPO verteenwoordig melkprodusente (boere), terwyl verwerkers verteenwoordig word deur die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerders-organisasie, beter bekend as Sampro.

Vir nadere inligting, kontak Etienne Terre’Blanche by 012 843 5600 of 082 900 7676.

Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article