Welcome to The Dairy Mail
MPO press releases
1 Februarie 2008
PERSVRYSTELLING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE, BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE
Media gevra om korrekte terminologie te gebruik
Die verkeerde terminologie is onlangs in verskeie nuusuitsendings gebruik in ‘n berig oor die Mededingingskommissie se ondersoek na melkverwerkers se rol in beweerde inmenging met die melkprys.
Die melkverwerkers, Clover SA, Parmalat, Milkwood Dairy, Nestlé SA, Ladismith Cheese, Woodlands Dairy en Lancewood is verkeerdelik “melkprodusente” genoem in verskeie radio- en TV-uitsendings.
“Hierdie saak het betrekking op die Mededingingskommissie se ondersoek na prysmanupilering tussen melkkopers rakende prysbepalings na die melkprodusent en nie die kleinhandel en verbruiker nie,” sê Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie (MPO)
Die MPO sê dat die media daarop moet let dat “melkprodusente” melkboere is en dat “melkverwerkers” melk koop by produsente vir verwerking waarna hulle dit deur die kleinhandel versprei.
Die MPO verteenwoordig melkprodusente (boere), terwyl verwerkers verteenwoordig word deur die Suid-Afrikaanse Melkverwerkers-organisasie, beter bekend as Sampro (SA Milk Processors’ Organisation).
Vir nadere inligting, kontak Etienne Terre’Blanche by 012 843 5600 of 082 900 7676.
Einde
About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links
E-mail this article