Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

17 Januarie 2008

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE, BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE
MPO en Nasionale Landboubemarkingsraad ondersoek insetkoste

’n Gesamentlike ondersoek na insetpryse en die uitwerking daarvan op die winsgewendheid van melkprodusente, gaan deur die Melkprodusente-organisasie (MPO) en die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) geloods word.

“Insetpryse, en veral veevoerpryse, speel ‘n baie belangrike rol in melkboerdery,” sê Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die MPO. “Hierdie projek maak deel uit van die MPO se inisiatief om dienste aan melkprodusente in die streke te lewer. Die MPO sien uit na die resultate wat met die projek behaal gaan word.”

Volgens prof André Jooste van die NLBR, is hierdie projek ‘n voortsetting van die NLBR se ondersoek na insetpryse. Die NLBR het reeds verslae oor insetkoste in die mielie- en vrugtebedrywe gepubliseer.

Opnames van insetkostes in die melkbedryf, sal in Februarie en Maart gesamentlik deur die MPO en NLBR gedoen word. ‘n Verslag sal teen middel 2008 gepubliseer word.

Nie alleen gaan dit belangrike maatstawwe vir boere verskaf nie, maar dit gaan ook aandui of sekere insetpryse onregverdig hoog is en waar moontlike onregverdige praktyke plaasvind.

Vir nadere inligting, kontak dr Koos Coetzee by 082 552 6932

Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article