Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

14 Desember 2007

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE,
BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE

Ingedampte melk met soja van rakke verwyder
Die Pick ‘n Pay kleinhandelgroep is beveel om ‘n ingevoerde ingedampte melkmengsel wat soja bevat en landwyd onder die Pick ‘n Pay “No Name Brand” verkoop is as “ingedampte melk”, van die rakke te verwyder. Die Nasionale Departement van Landbou het teen Pick ‘n Pay opgetree nadat ‘n klagte deur die Melkprodusente-organisasie (MPO) teen die kleinhandelaar gelê is.

Die produk is as “ingedampte melk” verkoop, ten spyte van die feit dat dit soja bevat. Die etiket is ingevolge die Wet op Landbouprodukstandaarde, Nr 119 van 1990, geëvalueer en daar is bevind dat die produk nie aan die minimum vereistes van die Wet voldoen nie. Pick ‘n Pay is beveel om alle foutiewe produkte nie later nie as 21 Desember 2007 van die rakke te verwyder.

Die MPO het gereageer op ‘n klagte wat van ‘n verbruiker ontvang is en het die saak onmiddellik onder die aandag van die relevante owerhede gebring. “Die vinnige optrede deur die owerhede sal verseker dat die negatiewe impak wat die produk op die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf kon hê, beperk is,” het Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die MPO, gesê.

Vir nadere inligting, kontak Barbara Bieldt by 012 843 5600 of 082 083 235 2629.

Einde


About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article