Welcome to The Dairy Mail
MPO press releases
4 Desember 2007
PERSVRYSTELLING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE,
BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE
Kwaliteit van alle ingevoerde UHT-melk nie na wense
Verbruikers moet seker maak dat hulle wel waarde vir geld kry indien hulle ingevoerde langlewemelk aankoop. Só sê Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie (MPO), na aanleiding van ’n onlangse ondersoek deur die MPO na ingevoerde langlewemelk wat algemeen beskikbaar is.
Volgense die etikette op die ingevoerde UHT-melk, voldoen die melk nie aan die voorgeskrewe Suid-Afrikaanse vereistes nie. Die persentasie bottervet en proteïene is minder as wat wetlik voorgeskryf word. “Verbruikers moet die etikette noukeurig lees om seker te maak hulle kry wel waarde vir hulle geld,” sê Terre’Blanche.
Suid-Afrikaanse vereistes vir melk is 3,3% bottervet en 3,1% proteine vir volroom langlewemelk. Langlewemelk wat in Suid-Afrika vervaardig word, voldoen ten volle aan die wetlike vereistes.
“Die MPO doen ’n beroep op verbuikers om eerder plaaslik geproduseerde produkte aan te koop, want dra hulle by tot die Suid-Afrikaanse ekonomie en hou hulle werksgeleenthede in die suiwelbedryf in stand. Die suiwelbedryf verskaf werk aan meer as 60 000 mense,” het Terre’Blanche gesê.
Vir nadere inligting, kontak Etienne Terre’Blanche by 012 843 5600 of 082 900 7676.
Einde
About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links
E-mail this article