Welcome to The Dairy Mail
MPO press releases
28 November 2007
PERSVRYSTELLING UITGEREIK DEUR DÈAN KLEYNHANS, VOORSITTER VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE IN DIE WES-KAAP
Wes-Kaapse melkkoper vermoor
Dr Nazier Chitkay van Akhtbar Dairies, is op Saterdag, 24 November, by sy suiwelaanleg in Phillipi doodgeskiet.
Dèan Kleynhans, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO) in die Wes-Kaap, bestempel die moord as sinneloos en sê die suiwelgemeenskap in die Wes-Kaap is geskok oor Chitkay se dood. Hy het namens die MPO Wes-Kaap sy medelye aan die Chitkays oorgedra.
“Wetteloosheid word ook nie die suiwelbedryf gespaar nie,” sê Kleynhans.
Die onverwagse dood van dié melkkoper raak agt melkprodusente, 96 plaaswerkers en hulle 384 gesinslede.
“Melk is ‘n bederfbare produk wat elke dag verwerk moet word, is die melkkoper nie meer daar om dit te verwerk nie,” sê Kleynhans.
Volgens hom het Chitkay baanbrekerswerk gedoen as nuwe toetreder tot die suiwelbedryf. “Hy het dié familiebesigheid ontwikkel in een van die markleiers in die Kaapse Metropool.”
Akhtbar Dairies is bekend vir sy uitstekende gehalte suiwelprodukte en Chitkay is geken aan sy goeie besigheidsvernuf en verhouding met sy melkprodusente.
Vir nadere inligting, kontak Dèan Kleynhans by 082 894 0413.
Einde
About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links
E-mail this article