Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

20 November 2007

PERSVRYSTELLING UITGEREIK DEUR DR NICO SCHUTTE,
BESTURENDE DIREKTEUR VAN CENDEL (SENTRUM VIR PRODUSENTE-ONTWIKKELING)

Leersame Ekspo bied iets vir almal
Volgende jaar se All Africa Dairy Expo het iets vir almal se smaak en beloof om propvol pret te wees. Die skou is veral gemik op die behoeftes van melkboere, maar vleisboere kan gerus ook draai gaan maak.

“Een van die grootste trekpleisters is die verloskundekursus vir beeste wat deur Onderstepoort Departement van Geslagkunde aangebied sal word,” sê dr Nico Schutte, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie (MPO) se Sentrum vir Produsente-ontwikkeling (CenDel) wat die Ekspo reël.

Die verloskundekursus fokus onder meer op regstellende aksies wat die boer kan neem wanneer dinge tydens kalwing verkeerd loop. Die kursus is ideaal vir melkprodusente, vleisboere en werkers wat met kalwing gemoeid is. Bywoning van die kursus kos R125.

Ander interessante kursusse wat aangebied word, sluit die maak van feta- en mozzarellakaas, russians en salami, en hoe om vleis te pekel in. Dié kursusse word deur kundiges van die Landbounavorsingsraad aangebied. En dan is daar ook nog blomme rangskik en borduurwerk. Hierdie kursusse kos R75 per persoon.

Die Ayrshire Beestelersgenootskap gaan tydens die Ekspo ’n skou hou, en sal ook saam met Holsteins, Jerseys en Suiwelswitsers meeding om die gesogte “Queen of the Expo” titel.

Die All Africa Dairy Ekspo word elke twee jaar gehou en vind volgende jaar op 12 en 13 Februarie by die Afri-Dome in Parys, Vrystaat, plaas.

Vir enige nadere inligting en bespreking van die kursusse, kontak Julie McLachlan by tel 012 843 5745, faks 012 804 4811 of e-pos julie@cendel.co.za. Of besoek die webblad by www.dairyexpo.co.za.

Toegang tot die All Africa Dairy Ekspo kos R40 per dag en kaartjies sal by die hekke beskikbaar wees.

Vir nadere inligting, kontak Julie McLachlan by 012 843 5745.
Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article