Welcome to The Dairy Mail
MPO press releases
9 November 2007
PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR ALBERT LOUBSER,
BESTURENDE DIREKTEUR VAN AGRI CONNECT (EDMS) BPK
The Dairy Mail palm derde agtereenvolgende Pica in
The Dairy Mail het tydens die jaarlikse Pica-toekennings op 7 November weer met die louere weggestap toe die tydskrif vir die derde agtereenvolgende jaar die Pica-toekenning in sy kategorie (vervaardiging, handel en nywerheid, hulpbron-gebaseerde bedrywe) van die besigheid-tot-besigheidsafdeling gewen het. Saam met die 2003 Pica, het The Dairy Mail nou reeds vier Picas gewen.
Volgens die beoordelaars is The Dairy Mail se inhoud relevant tot sy primêre mark, terwyl die reeks bylaes wat op waardetoevoeging en ontwikkeling (in verskeie plaaslike tale) van die uitgebreide teikenmark gemik is, sal verseker dat die tydskrif op die lang termyn relevant sal bly.
The Dairy Mail se redakteur, Willemien von Solms, is aangewys as die redakteur van die jaar (besigheid-tot-besigheidskategorie) in ’n nuwe afdeling van die Pica-toekennings wat vanjaar geloods is.
Die tydskrif is in 2005 en 2006 ook bekroon met die Watling-trofee as die beste besigheid-tot-besigheidstydskrif.
.
Die jaarlikse Mpasa Pica-toekennings word beskryf as die “Oscars” van die Suid-Afrikaanse tydskrifbedryf. Die room van Suid-Afrikaanse tydskrifte ding jaarliks in drie klasse mee: kliëntetydskrifte wat spesifiek deur ‘n organisasie vir sy kliënte of lede gepubliseer word; besigheid-tot-besigheid vir publikasies wat daarop gemik is om die inligtingsbehoeftes van ‘n spesifieke besigheidsektor te dien; en verbruikerstydskrifte wat óf op die winkelrak óf deur intekening verkoop word.
Vir verdere navrae kan Willemien von Solms gekontak word by tel 012 843 5600.
Einde
About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links
E-mail this article