Welcome to The Dairy Mail
MPO press releases
6 November 2007
PERSVRYSTELLING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE,
BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE
Ondersoek na hoë UHT-invoere in die pyplyn
Die Melkprodusente-organisasie (MPO) ondersoek tans die moontlikheid daarvan om die instelling van ’n invoertarief op UHT-melk te ondersoek.
Suid-Afrika is een van die goedkoopste melkprodusente ter wêreld en die feit dat produkte goedkoper ingevoer kan word, is slegs te wyte aan sporadiese buitelandse surplusse en subsidies. “Wat kommerwekkend is, is die feit dat die verpakte, ingevoerde UHT-melk op die winkelrakke van sommige kleinhandelaars voorkeur begin geniet ten koste van binnelandse handelsmerke,” sê EtienneTerre’Blanche, besturende direkteur van die MPO.
“Die MPO monitor all invoere van suiwelprodukte en sedert Mei vanjaar, het die hoeveelheid ingevoerde UHT-melk skerp toegeneem,” sê Terre’Blanche. Melk wat teen ultra-hoë temperatuur (UHT) behandel word, is gewild weens die produk se lang raklewe.
“Ons is besig om belanghebbendes binne die bedryf asook die betrokke owerhede oor die toedrag van sake in te lig,” sê Terre’Blanche.
Die MPO beoog om met die steun van die binnelandse bedryf ‘n aansoek om die instelling van ‘n invoertarief op UHT-melk op te stel en dit vroeg in 2008 in by die Internasionale Kommissie vir Handelsadministrasie (Itac) in te dien.
’n Verdere motivering vir die MPO se optrede is die feit dat die hoeveelhede ingevoerde
About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links
E-mail this article