Welcome to The Dairy Mail
MPO press releases
6 November 2007
PERSVRYSTELLING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE,
BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE
MPO ondersoek styging in insetpryse
Die Melkprodusente-organisasie (MPO) se direksie het besluit om ‘n ondersoek te gelas na die skerp styging in insetkostes die afgelope twee jaar. Dit sluit kunsmis, brandstof, energie en veevoer in. Weens dié stygings is baie melkprodusente nou swakker daaraan toe as vóór die melkprys se opwaartse aanpassing.
“Die ondersoek is gelas in die lig van stygende voedselinflasie wat voor die deur van die boer gelê word,” sê Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die MPO.
“Boere word uitgebeeld as groot winsnemers ten koste van verbruikers, terwyl dit in werklikheid ander partye in die waardeketting is wat verhogings deurgee wat deur die boer geabsorbeer moet word. Die winsnemers is weer eens almal behalwe die produsent.”
Volgens Terre’Blanche het suiwelmeel se prys byvoorbeeld vanaf Junie 2005 tot Augustus 2007 met 81% gestyg, terwyl die produsenteprys vir melk met 49% gestyg het. Veevoer is ook nie die enigste inset wat so gestyg het nie, en dieselfde tendens geld vir ander insetkostes. Die prys van diesel het oor dieselfde periode met 28% gestyf en die prys van kunsmis met tussen 30% en 80%.
Indien die situasie verder so voortgaan sê hy, kan selfs nóg groter melktekorte die verbruiker in die gesig staar.
Terre’Blanche het bygevoeg dat produsente in die buiteland se melkpryse aansienlik meer gestyg het as dié van plaaslike produsente. Dit laat die hoop ontstaan dat produsentepryse verder mag styg wat die situasie kan verbeter.
Vir nadere inligting, kontak Etienne Terre’Blanche by 012 843 5600 of 082 900 7676.
Einde
About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links
E-mail this article