Welcome to The Dairy Mail
MPO press releases
16 Oktober 2007
PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR KOOS PIENAAR, VOORSITTER VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE (MPO) VRYSTAAT
Vrystaatse verbruikers steun melkprodusente
“Die gesindheid van verbruikers teenoor melkprodusente van die Vrystaat, is ‘n riem onder die hart,” sê Koos Pienaar, voorsitter van die MPO Vrystaat. “Dit was veral die afgelope twee moeilike jare wat verby is, vir ons baie werd.”
Pienaar wil verbruikers ook verseker dat die MPO Vrystaat gehalte onder sy lede bevorder en dat melkproduente, waar dit by gehalte kom, altyd die verbruiker eerste stel. Die meeste melkkopers en verwerkers wat erkende melkaankoopstelsels het, verseker ook dat hulle gehalte by boere aankoop. “Ek glo dat, met die verstandhouding tussen melkkopers en produsente, hierdie kwaliteit ook na die verbruiker deurgedra word,” sê Pienaar.
Vir nadere inligting, kontak Koos Pienaar by 083 272 8664 of die MPO Vrystaat kantoor by 051 444 4603.
Einde
About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links
E-mail this article