Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

16 Oktober 2007

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR KOOS PIENAAR, VOORSITTER VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE (MPO) VRYSTAAT

Vrystaat hou skolemelkdag
Leierboere in die Vrystaat gaan op 25 Oktober 2007 weer ‘n skolemelkdag by skole in die Vrystaat aanbied. Die doel van die skolemelkdag is om kinders bewus te maak van die voedingswaarde en noodsaaklikheid van suiwel in hul daaglikse dieet.

“Só ‘n skolemelkdag is ‘n baie suksesvolle manier om die waarde van melk by skoolkinders tuis te bring,” sê Koos Pienaar, voorsitter van die MPO Vrystaat. “Ons bied al die afgelope klompie jare suksevolle skolemelkdae aan. Boere wil graag ‘n vennootskap opbou met die jeug en die toekoms van die suiwelbedryf na hulle toe bring.”

MPO Vrystaat voel dat melk nie net as ‘n voedseldrankie gesien moet word nie. “Ons wil hê jong mense moet melk as ‘n ‘cool’ drankie beskou,” sê Pienaar.

Volgens Pienaar is die melkprodusente in die Vrystaat optimisties oor hulle toekoms. “Ten spyte van die huidige tekorte moet die jeug steeds bewus gemaak word van die waarde van suiwel. Hulle is immers die toekomstige ouers en kopers van suiwel vir hulle kinders,” sê Pienaar.

Volgens Pienaar beplan die Vrystaatse melkprodusente ‘n provinsiale skolemelkkongres vir 2008 en nooi hy alle belangstellendes uit om hom of die kantoor in die verband te kontak.

Vir nadere inligting, kontak Koos Pienaar by 083 272 8664 of die MPO Vrystaat kantoor by 051 444 4603.

Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article