Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

18 September 2007

PERSVRYSTELLING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE, BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE

Melktekorte duur voort
Ten spyte van prysverhogings aan melkboere, duur tekorte in die suiwelbedryf voort. Die afgelope winter was een van die koudste in jare en dit was ook een van die droogste somerseisoene wat in die laaste dekade in die binneland aangeteken is.

Swak graanoeste en laer produksie van kuilvoer en ander ruvoer, het melkproduksie negatief beïnvloed. Veral produksie in Julie is veel laer vergeleke met Julie 2006.

Aan die anderkant bly die aanvraag na melk gesond. Dit veroorsaak dat daar sedert April konstant ‘n tekort van 20 miljoen liter per maand ervaar word.

Hoewel prysverhogings vir boere verligting gebring het, het dit nog nie tot ‘n betekenisvolle styging in produksie gelei nie. Kapasiteit vir uitbreiding in die korttermyn is beperk en wissel op streeksgrondslag. Boere het oor die algemeen tussen 12 en 18 maande nodig om kapasiteit betekenisvol uit te brei.

Insetpryse styg steeds en tensy produsentepryse nie ook verder verhoog word nie, sal tekorte vir langer voortduur.

Faktore soos klimaat, beskibaarheid en bekostigbaarheid van voer en ‘n skerp styging in aanvraag wêreldwyd het bygedra tot die huidige internasionale melktekort. Dit veroorsaak weer hoër melkpryse en maak dit moeiliker om binnelandse tekorte met invoere te verlig.


Vir nadere inligting, kontak Etienne Terre’Blanche by 012 843 5600 of 082 900 7676.

Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article