Welcome to The Dairy Mail
MPO press releases
7 September 2007
PERSVERKLARING UITGEREIK NAMENS DIE LNR MEESTERSUIWELBOER NOORD STREEKKOMPETISIE
Die wenners van die die Meestersuiwelboer Noord-streekkompetisie, is David en Alvera Crookes van die plaas Copperleigh Holsteins buite Standerton.
Die kompetisie is ‘n kombinasie van twee kompetisies wat vroeër bekend gestaan het as die Landbounavorsingsraad (LNR) se Meestersuiwelboer Transvaal-kompetisie en die Melkprodusente-organisasie (MPO) Noord Boer van die Jaar-kompetisie.
Suksesvolle melkboere word beoordel volgens die LNR se indekspunte en dus kan net boere wat deelneem aan die melkaantekeningskema in aanmerking kom vir ‘n brons, silwer of goue medalje en eindelik die top-toekennings.
Die Crookes’e het ook die toekenning vir die beste somatiese seltelling in ‘n kudde gewen. Limpopo Melkery se Holsteinkudde het die tweede-beste somatiese seltelling behaal.
Die Malleson-broers, Harry, Frederick en Ivan van Hazeldean Farm oos van Pretoria, het ook goed gevaar in die kompetisie en het in die tweede plek geëindig. Hulle Ayrshire-kudde is ook aangewys as die beste BLUP-teelwaardekudde (best linear unbiased prediction). Hulle het ook nog twee ander toekennings ingepalm, naamlik een vir die beste melkspan en een vir 33 jaar se betrokkenheid by die melkaantekeningskema.
Johan van Niekerk en gesin se boerdery op Witkraal net buite Delareyville, het die derde plek in die Meestersuiwelboer Noord-kompetisie behaal.
Vir meer inligting, skakel die kompetisie se koördineerder, Reinder Groenveld van die LNR by Irene, by 012 672 9079 of reinder@arc.agric.za
Fotos van David en Alvera Crookes is beskikbaar by Liza Burger by lizaburger@mpo.co.za
Einde
About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links
E-mail this article