Welcome to The Dairy Mail
MPO press releases
5 September 2007
PERSVRYSTELLING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE, BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE
Invoerpryse styg skerp
Statistiek wat vandeesweek vrygestel is, toon dat die gemiddelde prys waarteen melkpoeier ingevoer word, tussen Junie en Julie 2007 met R9,00 per kilogram gestyg het.
Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie (MPO), beskryf die nuutste invoerstatistiek wat aandui dat ingevoerde melkpoeier duurder is, as “verblydend”.
“Dit wil voorkom asof die pryse van ingevoerde melkpoeier besig is om te stabiliseer in verhouding tot internasionale pryse. Die owerhede wat deur die MPO oor die lae pryse van melkpoeier-invoere genader is, is tans besig om ondersoek in te stel en Agri Inspec se ondersoek vorder ook goed.”
Die MPO het in Augustus vanjaar sy kommer uitgespreek oor invoerpryse, toe die vry-aan-boord pryse van sommige melkpoeierinvoere gemiddeld $1 300 per ton laer was as die aanvaarde wêreldprys.
Die MPO is egter steeds bewus van enkele besendings suiwelprodukte wat die land teen laer pryse inkom. Die organisasie is in die proses om amptelike beswaar hieroor by die ambassades van Ierland, Nieu-Seeland, Argentinië en die Oekraïne in te dien.
“Die MPO beoog ook om afvaardigings na die betrokke ambassades te stuur om die saak aan te spreek.”
Die wenslikheid van handelsremedieë, insluitende aksies teen storting en subsidiëring van suiwelprodukte, word tans as oplossing ondersoek.
Vir nadere inligting, kontak Etienne Terre’Blanche by 012 843 5600 of 082 900 7676.
Einde
About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links
E-mail this article