Welcome to The Dairy Mail
MPO press releases
21 Augustus 2007
PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE, BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE
MPO vergader met Itac oor melkpoeierinvoere
Die Melkprodusente-organisasie (MPO) het met senior bestuurders van die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (Itac) vergader om die invoer van melkpoeier teen buitengewoon lae tariewe te bespreek.
Die MPO het genoem dat die vry-aan-boord pryse van sommige melkpoeierinvoere gemiddeld $1 300 per ton laer is as die aanvaarde wêreldprys. Die produkte kom hoofsaaklik uit Uruguay, Nieu-Seeland en tot ‘n mindere mate Argentinië.
Die rede vir die lae invoerpryse is nog nie duidelik nie, maar die MPO ondersoek die aangeleentheid. Sover blyk dit dat die onderverklaring van goedere waarskynlik nie ‘n verduideliking vir die goedkoop invoere is nie en ander vorme van prysmanipulasie word tans ondersoek.
Itac het gesê dat hy sal oorweeg om handelsremedieë in te stel en teen enige onbillike prysmanipulasie op te tree, sou die ondersoek toon dat storting en subsidiëring die oorsaak van die goedkoop invoere is.
Itac het die MPO geluk gewens met die beskikbaarheid en omvang van sy handelsinligting, veral wat die huidige situasie rondom suiwelinvoere betref.
Die vergadering is bygewoon deur Itac se senior bestuurders by Handelsremedieë, Tariefondersoeke en Beleid en Navorsing. Itac se kernbesigheid is om deur tariefondersoeke, handelsremedieë en invoer- en uitvoerbeheer ‘n omgewing waarbinne billike handel kan plaasvind.
For further information, contact Etienne Terre’Blanche on 012 843 5600 or 082 900 7676.
End
About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links
E-mail this article