Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

13 Augustus 2007

PERSVRYSTELLING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE, BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE

Alternatiewe vir melk nie noodwendig gesonder
Die Melkprodusente-organisasie (MPO) het sy kommer uitgespreek oor die feit dat die kleinhandel verbruikers aanbeveel om nie-suiwelprodukte te gebruik in die lig van melktekorte wat die afgelope paar maande geheers het.

“Die MPO het met die aanvang van melktekorte reeds gewaarsku dat dit die suiwelbedryf groot skade kan berokken as verbruikers hulle na alternatiewe produkte wend. Met hoër melkproduksie gedurende die lente en in die somer, behoort verbruikers egter nie meer voor leë winkelrakke te staan te kom wat die voorsiening van vars melk betref nie,” het Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die MPO, gesê.

Hy het verbruikers aangemoedig om steeds suiwel te gebruik, aangesien dit ’n uitstekende bron van voedingstowwe is. “Nie-suiwel alternatiewe kan nie met suiwel meeding wanneer dit by voedingswaarde kom nie,” het hy gesê.

Vir nadere inligting, kontak Etienne Terre’Blanche by 012 843 5600 of 082 900 7676.

Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article