Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

27 Julie 2007

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR THE DAIRY MAIL NAMENS DIE
REëLINGSKOMITEE VAN DIE ALL AFRICA DAIRY EXPO

Inkopemandjie vir suiwel in Afrika

Die All Africa Dairy Expo (AADE) sal van 12-13 Februarie 2008 by die Afri-Dome in Parys, Vrystaat, gehou word. Hierdie ekspo is ‘n projek van Cendel, die Melkprodusente-organisasie (MPO) se Sentrum vir Produsente-ontwikkeling. Die hoofdoel van die ekspo is om handelsverhoudinge tussen die onderskeie Afrika-lande en enige ander lande wat die ekspo mag bywoon, te ontwikkel.

Die ekspo se mediaborg is The Dairy Mail, Suid-Afrika se vernaamste en enigste tydskrif wat eksklusief met die suiwelbedryf kommunikeer. Standard Bank is die hoof korporatiewe en finansiële borg.

Die ekspo se tema is “Die inkopemandjie vir suiwel in Afrika”. Ten einde in pas te bly met die tema, sal die ekspo klem lê op suiwel in Afrika en sal dit dwarsoor Suid-Afrika en die res van Afrika bevorder word. Verteenwoordigers van insetverskaffers, regeringsinstellings, nie-regeringsorganisasies en produsente-organisasies van lande dwarsoor die Afrika-vasteland, sal by die ekspo teenwoordig wees en vir beide besoekers en uitstallers ‘n omvattende kykie na die suiwelbedryf bied.

Die ekspo sal ook voldoende geleentheid bied vir liefhebbers van beeste, om hulle gunsteling rasse te siene te kry, terwyl die room van die bedryf geskou sal word tydens die kroning van die vyfde Queen of the Expo.

Die MPO se filiale gaan almal by die ekspo uitstal. Benewens die MPO se teenwoordigheid in die vorm van maatskappye soos AgriConnect, AgriInspec en AgriBonus, sal besoekers ook die geleentheid kry om met hulle melkkopers asook hulle eweknieë in die bedryf kennis te maak. Uitstallers sal ’n wye spektrum van rolspelers uit die bedryf asook tersiêre en opvoedkundige instellings, voermaatskappye, agente vir toerusting, farmaseutiese maatskappye en vele meer verteenwoordig.

Uitstallers by die ekspo sal verskeie voordele geniet, waaronder dekking in The Dairy Mail, afslag vir vroeë pakketbesprekings, tegniese ander ondersteuning op die ekspo-terrein en by die stalletjies, ’n ekspo “starter pack” met toepaslike dokumentasie en geskenkies, toegang tot ’n wye veld van ander belangegroepe, uitstekende mediadekking in alle mediums, lewendige vermaak, en ’n biertent met wyn- en bierproe en ander promosies.

Die Ekspo is egter nie beperk tot rolspelers in die suiwelbedryf nie en almal is welkom om dit by te woon. ’n Toegangsfooi van R40 per persoon per dag sal by die hekke betaalbaar wees.

Om stalletjies te bespreek en pakkette wat ook mediadekking insluit te beding, kontak vir Mabel Schmahl op 082 563 4427, 012 843 5694 of e-pos mabel@dairymail.co.za, of skakel vir Karin Duffy by 082 376, 012 843 5697 of e-pos karin@dairymail.co.za.

’n Lys van borgskapgeleenthede kan op die webwerf gevind word by www.dairyexpo.co.za. Indien u op enige wyse as borg sou wou betrokke raak, skakel gerus die Ekspobestuurder, Julie McLachlan, by tel 012 843 5745, sel 083 740 2720, faks 012 804 5376 / 086 523 4652 of e-pos julie@cendel.co.za. Besoek die webwerf gereeld vir die nuutste inligting rondom die Ekspo.

Persverklaring uitgereik deur Agri Connect.

Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article