Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

1 Junie 2007
PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR ETIENNE TERRE’BLANCHE, BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE

Oos-Kaapse melkprodusente baie positief
Een uit elke drie melkprodusente in die Oos-Kaap, het die Melkprodusente-organisasie (MPO) se roetevergaderings aan die einde van Mei bygewoon. Dié rekordgetal weerspieël produsente se steun vir die MPO en ‘n nuwe optimisme onder melkprodusente, noudat produsentepryse opwaarts aangepas word. Gunstige klimaatstoestande, die beskikbaarheid van genoeg ruvoer en uitstekende gehalte kuilvoer dra verder tot dié positiewe gees by.

Freddie van Zyl, voorsitter van die MPO Oos-Kaap, het gesê hy hoop dat die getal melkprodusente wat die bedryf verlaat, nou sal stabiliseer. Sedert die begin van die jaar het produsentegetalle in die Oos-Kaap van 415 na 385 afgeneem.

Etienne Terre’Blanche, besturende direkteur van die MPO, het benadruk dat produsente nou van die geleentheid gebruik moet maak om hulle hand in die suiwelbedryf te sterk deur georganiseerde, wettige groepe te vorm. Dié groepe kan dan uit een mond onderhandel vir onder meer beter melk- en voerpryse. “Groepvorming is een van die mees doeltreffende maniere waarop die balans in die suiwelbedryf herstel kan word,” het Terre’Blanche gesê.

Vir nadere inligting, kontak Freddie van Zyl by 083 270 7025 of Etienne Terre’Blanche by 082 900 7676.

Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article