Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

Elim melkeryprojek boer vooruit met behulp van sy strategiese vennote

In die The Dairy Mail van Julie 2007 berig ons oor die uitstekende vordering wat die afgelope twee maande met die Elim melkeryprojek in die Wes-Kaap gemaak is – en dit danksy die leiding en hulp van sy strategiese vennote.

Die melkeryprojek is vyf jaar gelede geïdentifiseer en die Wes-Kaapse Departement van Landbou is genader om met die oprigting daarvan behulpsaam te wees. Die projek is in vier fases ingedeel. Die eerste is die beplanningsfase, waarna die skepping van infrastruktuur volg. Fase 3 behels die inwerkingstelling van die produksie-eenheid en die vierde fase fokus op mentorskap.

Die volgende strategiese vennote is geïdentifiseer om met fase 3 te help:
• Die Elim-gemeenskap
• Wes-Kaapse Departement van Landbou
• Die MPO en Cendel (Sentrum vir Produsente-ontwikkeling). Cendel bestuur die mentorprogram met befondsing van Melk SA
• Die Overberg Distrikslandbouvereniging wat kommersiële boere verteenwoordig
• Insetverskaffers wat insluit Overberg Agri (Landboubesigheid), Meadow Feeds (veevoermaatskappy), Terrason (chemies), Omnia (kunsmis), Erasmus Petroleum (brandstof), Cape Gate (drade en pale) en Parmalat (melkkoper).

Dit is wonderlik om ’n positiewe berig te dra oor die vestiging van ontwikkelende boere, en oor die manier waarop maatskappye en instansies inspring om die projek te maak werk.

Ek hoop dat u bereid sal wees om advertensies saam met die artikel te plaas. Dit verleen erkenning aan u maatskappye vir u bydrae tot die projek, en dien hopelik ook as aansporing vir ander maatskappye en instansies om op soortgelyke maniere by projekte vir ontwikkelende boere betrokke te raak.

The Dairy Mail sal die vordering van die projek bly opvolg en hoop om in die toekoms te kan berig dat die Elim melkprojek ’n suksesvolle onderneming is.

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article