Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

16 April 2007

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR MNR ETIENNE TERRE’BLANCHE, BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE

Internasionale prysstygings tot voordeel van plaaslike bedryf

Die huidige styging in internasionale suiwelprodukpryse is tot voordeel van die plaaslike bedryf, aldus die Melkprodusente-organisasie se nuwe besturende direkteur, mnr Etienne Terre’Blanche. Melkprodusente kan verwag dat dié tendense ook hul pryse positief sal beïnvloed.

Volgens mnr Terre’Blanche is internasionale suiwelprodukpryse nou reeds sedert middel 2006 in ‘n stygende fase. Die hoofredes hiervoor is die afname in Europese en Australiese produksie, asook die vinnige uitbreiding van ontwikkelende markte vir suiwelprodukte.

Die Australiese uitvoerindeks het sedert Mei 2006 met 40% verbeter. Fonterra verwag om vir die volgende seisoen NZ$5 per kilogram vaste stowwe aan produsente uit te betaal – die hoogste uitbetaling sedert 2001.

Fonterra is ook baie optimisties oor die toekoms. Hulle het in ‘n onlangse persverklaring aangedui dat die wêreldwye vraag na suiwelprodukte oor die volgende dekade met 2,7% per jaar kan groei teenoor die groei van 2% in produksie. Produksie sal jaarliks ‘n toename gelykstaande aan die Nieu-Seelandse produksie moet handhaaf om met die styging in vraag tred te hou.

Plaaslike melkkopers ervaar ook ’n vinnige toename in die verbruik van suiwelprodukte – in sommige gevalle ’n toename in vraag van tot soveel as 18%. Die steeds stygende besteebare inkomste van die verbruiker en die groei in vraag van die middel-inkomstegroep sal veroorsaak dat vraag verder toeneem.

Mnr Terre’Blanche het produsente verseker dat die MPO steeds alles moontlik doen om die beste bedeling vir produsente te beding. Benewens al die ander dienste wat die MPO lewer, het die MPO reeds daarin geslaag om onwettige invoere bykans te elimineer en daar word tans met die regering onderhandel om ‘n invoertarief op langlewemelk heringestel te kry.

Vir nadere inligting, kontak Etienne Terre’Blanche by 012 843 5600 of 082 900 7676
Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article