Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

5 Februarie 2007

PERSVERKLARING UITGEREIK NAMENS DIE LNR NASIONALE MEESTERSUIWELBOERKOMPETISIE

Vrystaatse Jerseyboer die beste in 2006
Kobus Behrens van Waterbron Jerseys by Ventersburg in die Vrystaat, het pas geskiedenis gemaak deur as die eerste Nasionale Meestersuiwelboer aangewys te word. Hy was een van vyf finaliste wat bestaan het uit die wenners van die 2006 Meestersuiwelboerkompetisie in die verskillende provinsies.

Die ander finaliste was Dèan Kleynhans van Bredasdorp, Niekie van Rensburg en Seuns van George, Peter Durham van Dundee en die Mallesons van Pretoria se Hazeldeanboerdery.

Die Meestersuiwelboerkompetisie het in onlangse jare na die vyf suiwelproduserende streke van die land uitgebrei. Die Nasionale Melkaantekeningskema word as grondslag gebruik.

Van vanjaar af word die Nasionale Meestersuiwelboer uit hierdie provinsiale wenners aangewys. Vanjaar se prys bestaan uit 'n Semex-geborgde toer na die Quebec Spring Show in Kanada. Afgri Veevoere en die LNR gooi by hierdie prys ook die nodige sakgeld in wat die prys se waarde op R45 000 te staan bring. Tesame hiermee, borg DeLaval ook 'n rolborsel vir die melkstal ter waarde van R17 000.

In reaksie op die vraag wat hy beskou as hulle boerdery se sterkste punt, het Kobus gesê hulle lae somatiese seltellings het tydens die beoordeling na vore gekom as teken van gesonde bestuurspraktyke in die melkery. Hulle is al etlike jare aangewys as die boerdery met die beste somatiese seltellings in die Vrystaat.

Die hoofborge van die kompetisie is Afgri Veevoere, DeLaval, Eerste Nasionale Bank, Semex en The Dairy Mail.

Byskrif
Meester2: Kobus Behrens ontvang die Nasionale Meestersuiwelboertoekenning van prof Peter Mbati, die LNR se Groep Hoofuitvoerende Beampte van die Lewendehawebesigheidsdivisie


Vir nadere inligting, kontak Japie van der Westhuizen by 012 672 9069 of 082 331 9923

Einde


About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article