Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO press releases

26 Januarie 2007

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR BERTUS DE JONGH, BESTURENDE DIREKTEUR VAN DIE MELKPRODUSENTE-ORGANISASIE

Wêreldpryse vir suiwel styg skerp
Suid-Afrikaanse invoerders betaal nou in randterme bykans dubbel om dieselfde suiwelprodukte in te voer as middel verlede jaar. Volgens dr Koos Coetzee, ekonoom verbonde aan die Melkprodusente-organisasie (MPO), is dit te wyte aan ‘n skielike skerp styging in wêreldsuiwelpryse sedert Julie 2006. Die wêreldprys vir afgeroomde melkpoeier het van $1 900/ton in Julie 2006 tot $3 100 in Desember 2006 gestyg.

Die uitwerking van hierdie skerp styging op Suid-Afrikaanse invoerders word vererger deur die verswakking in die rand oor dieselfde tydperk. Vroeg in 2006 het een dollar R6,17 gekos, vergeleke met die huidige R7,20. In September verlede jaar het die rand op ‘n stadium teen R7,70 vir ‘n dollar verhandel.

Dit word al hoe moeiliker om in te voer en melkprodusente kan verwag dat kopers meer sal moet betaal vir plaaslike melk. Parmalat het reeds aankondig dat hy met ingang van 1 Februarie 2007, 15c/liter meer gaan betaal aan lede van Samelko wat melk aan Parmalat lewer. Sommige ander kopers het ook reeds hulle pryse opgesit. Verdere verhogings word later in die jaar verwag.

“Die Melkprodusente-organisasie (MPO) het verlede jaar reeds gewaarsku dat tekorte vanjaar verwag word en invoerders versoek om nie suiwelprodukte onoordeelkundig in te voer nie,” het dr Coetzee gesê.

Vir nadere inligting, kontak dr Koos Coetzee by 012 843 5600

Einde

About the MPO | Calendar | Statistics | Press releases | Contact us | Board of Directors | Links

E-mail this article