Welcome to The Dairy Mail
MPO Kortliks • MPO briefly - September 2010
Invoere onder die loep
Die MPO het onlangs samesprekings gevoer met Itac (International Trade Administration Commission) rakende laaggeprysde suiwelinvoere en moontlike stappe wat daarteen geneem kan word. Bertus de Jongh, uitvoerende hoof van die MPO, dr Koos Coetzee, hoofekonoom en Barbara Bieldt, bestuurder: Markbeskerming, het die amptenare van Itac ontmoet. Die frekwensie van invoere is sporadies en grootliks beperk tot kaas en melkpoeier wat ver onder die wêreldmarkprys ingevoer word. Die betrokke ambassades is reeds in kennis gestel en daar is ooreengekom dat die saak ondersoek sal word.
Freddie van Zyl tree uit
Die voorsitter van die MPO Oos-Kaap, Freddie van Zyl, het tydens die hoofbestuursvergadering van hierdie streek aangekondig dat hy uit sy pos as voorsitter en direksielid tree. ’n Nuwe voorsitter sal waarskynlik in November verkies word. Intussen is Rufus Dreyer om die derde direkteurspos te vul.
Kleinhandel fyn dopgehou
Die bogenoemde vergadering tussen die MPO en Itac het ook aanleiding gegee tot die identifisering van sekere kleinhandelaars wat toenemend suiwelprodukte invoer onder die wêreldprys. Volgens De Jongh is daar opnuut gekyk na maniere om hierdie invoere te beperk en om klagtes direk by Itac te lê. Remediërende stappe soos teenstortingsprosedures en kontrakregte is onder andere bespreek.
“Ons geniet ’n goeie verhouding met Itac en is bewus van die oortreders in die kleinhandel. Laaggeprysde invoere het dalk nie ’n groot invloed op volumes nie, maar het wel ’n invloed op die manier waarop die suiwelmark reageer.
MPO attends Agri SA meeting
The MPO, represented by Dr Nico Schutte, managing director of CenDel and Koos Pienaar, chairperson of the MPO Free State, attended an Agri SA meeting in Gauteng this past week. The Agri SA meeting of its Transformation Committee and the General Council on 19 and 20 July gave feedback on the organisation’s approach to government's policy proposals on land issues. The proposed policy changes deal with limitations on private land ownership (land ceilings), a right of first refusal in favour of the state when land is offered for sale, partnerships on state land, the regulation of ownership of land by foreigners and a new land ownership bill.
Nuwe ondervoorsitter MPO Noord
Johan Strydom, die streeksvoorsitter van die MPO Noordwes, is in Julie tot ondervoorsitter van die MPO Noord verkies. Hy volg Willem Blaauw op wat ’n ruk gelede uit die pos getree het en sal die voorsitter van die MPO Noord, Joubert Fourie, in sy pligte ondersteun.
MPO discusses imports with USA
Barbara Bieldt, the MPO’s manager for market protection and development, met with the ministerial advisor on agricultural matters and other representatives of the USA embassy. The MPO’s concern regarding low-priced imports of milk powder and cheese from the USA in particular, was discussed. The MPO explained the current market situation, including the effect of the recent decrease in producer prices, highlighting the fact that low-priced imports are used to force dairy prices lower.
The USA representatives agreed that exporters in the USA should be approached and informed of the negative impact that even small amounts of dairy products, imported at low prices, have on the South African industry. There was consensus that these exporters should be encouraged to find other markets for their products. The MPO will provide information concerning dairy imports from the USA to the embassy on an ongoing basis.
Nuwe MPO-tak in Gauteng gestig
Melkbokboere in Gauteng het onlangs besluit om ’n addisionele tak binne die MPO Gauteng se netwerk te stig. Danie Schutte, voorsitter van die MPO Gauteng-streek en Bertus de Jongh, besturende direkteur van die MPO, het die stigtingsvergadering bygewoon. Die meeste van die lede is kleinskaalse melkbokboere en bokmelkverwerkers. Die tak is die Middelstreek gedoop. Rina Belcher van Belnori Boutique Cheesery is as voorsitter verkies en Mandy MacGregor van Camilla’s Farm as ondervoorsitter. Dis boonop die eerste keer in die MPO se geskiedenis dat vroue die voor- en ondervoorsittersposisie gelyktydig vul. Om meer oor die Middelstreek-tak te wete te kom, skakel die MPO Noord se streeksverteenwoordiger, Alta van Zyl by 012 843 5600 of Rina Belcher by 082 377 5698.
MPO KZN road show successful
The MPO paid a visit to 11 venues over four days in KwaZulu-Natal during July as part of the annual road show. The province is home to about 350 milk producers and produces almost 20% of the country's total milk yield. Bertus de Jongh, CEO of the MPO and Dr Koos Coetzee, chief economist of the MPO attended the meetings, which started in Kokstad and ended in Vryheid where they gave feedback on the MPO’s achievements of the past year. The meetings were very well attended with discussions focussing mainly on the economic outlook for milk producers and the dairy industry. Producers who attended the meetings also responded positively to a call for renewed MPO membership with scores showing their support for the increased membership fees. Debbie Thomson, area coordinator of the MPO KZN, says the road show was well supported by other role-players in the industry, service providers and stakeholders. These companies gave financial support and sponsored prizes.
Farm attack leaves three dead
During the same week of the MPO KZN roadshow, tragedy struck as yet another farm attack ended in bloodshed. The MPO extended its condolences to the Karg family of Sherwood Farm near Mooi River in KwaZulu-Natal. Loraine Karg (58), Zakhewo Mhlonogo (66) a farm worker, and Hilda Linane (34) a domestic worker, were murdered during an armed robbery on the farm. Neville Karg is one of the top five milk producers in KZN and his son, Brandon, was named 2007 Kwanalu Young Farmer of the Year in the province. Police arrested four suspects and shot and killed one, after an attempted escape.
International honour for MPO CEO
Bertus de Jongh, CEO of the MPO, has been selected as one of the chairpersons to lead discussion sessions at the Joint Milk Marketing New South Wales Industry Summit hosted in Sydney, Australia in November later this year. The session named ‘Getting your own house in order’, will focus on proactive management issues in the global dairy industry. The summit programme is based on examples of how the dairy industry is applying the key principles of managing issues to protect the industry from potential adverse impacts.
Wêreldsuiwelberaad-planne op dreef
Melt Loubser is tydens ’n vergadering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Komitee van die Internasionale Suiwelfederasie (Sankisf) tot president verkies. Hy volg Manie Roode op wat vroeër uit die amp bedank het. Loubser sal Sampro by Sankisf verteenwoordig. Tydens die vergadering is die voorbereidings vir die 2012 Wêreldsuiwelberaad ook bespreek. Die beraad word vir die tweede keer deur Suid-Afrika aangebied en sal in Kaapstad gehou word. Vanjaar word die Wêreldsuiwelberaad in Nieu-Seeland gehou waar die uitvoerende komitee van Sankisf die beraad sal bywoon.
MPO Oos-Kaap hou kongres
Die MPO Oos-Kaap se algemene jaarvergadering en kongres is verlede maand (Augustus) in Port Elizabeth by die Boardwalk Konferensiesentrum aangebied. Die nasionale voorsitter van die MPO, Dèan Kleynhans, het ook die kongres bygewoon. Die joernalis en bydraende redakteur van Financial Mail, David Williams, was die gasspreker en het sy perspektief op die huidige politieke situasie gedeel. ’n Voorlegging oor die generiese bemarking van Oos-Kaapse melk en die ontwikkeling van ’n handelsmerk vir hierdie provinsie se melk, is deur die bemarkingsmaatskappy, Boomtown, gedoen. Die vergadering het eenparig die groen lig gegee vir die verdere ontwikkeling van hierdie bemarkingsprojek van die MPO Oos-Kaap.
Nuwe lede vir MPO Oos-Kaap
Die MPO Oos-Kaap se lede is fluks besig om hul ondersteuning aan die organisasie te toon. Tydens ’n besoek aan die provinsie, het die streekskoördineerder, Alta van Zyl, by ’n paar boere ingeloer om die voordele van MPO-lidmaatskap te verduidelik. Een so ’n besoek is aan Christo Potgieter, ’n gesiene boer van die Alexandria omgewing, gebring. Hy en sy vrou Elsa wat naby Boknes met Friesbeeste boer, het ook hul geel lidmaatskapvorm ingevul en opnuut lede van die MPO geword. Volgens Augustus se statistiek het sowat 40% van die Oos-Kaap se melkboere reeds hul MPO-lidmaatskap hernu.
Oorkonde vir boere
Die MPO Oos-Kaap het twee van sy lede vereer vir hul betrokkenheid en bydrae tot die melkbedryf met ’n oorkonde. Die oorkondes is aan Milo Mills en Pierre Hart oorhandig. Mills se oorkonde is in absentia namens hom deur Simon Matthews ontvang.
CenDel mentor wen toekenning
’n Landwye kompetisie van Eerste Nasionale Bank wat goeie werk onder landboumentors bevorder, het Kotie Annandale aangewys as die Junie 2010-wenner. Annandale is een van die MPO se Sentrum vir Produsente-ontwikkeling (CenDel) se mentors en is deur CenDel vir die toekenning genomineer. “Kotie is ’n voormalige melkboer wat sedert 2007 as mentor optree vir opkomende melkboere in Qwaqwa. Die insette wat hy gelewer het by Letta Moloi se boerdery en kleinboerontwikkeling oor die algemeen, spreek boekdele,” sê dr Nico Schutte, besturende direkteur van CenDel. Die mentorskap op hierdie plaas het bygedra tot ’n toename in die gemiddelde melkproduksie per koei per dag met 3,12 ℓ en ’n verdubbeling van die melkinkomste.
Free-range regulations considered
The department of agriculture, forestry and fisheries recently made amendments to the draft regulations of dairy products. The regulations are contained in Notice 2581, in terms of the Agricultural Product Standards Act. “The document is currently circulated to the industry for comment,” said Barbara Bieldt, MPO manager: Market protection and chair of MPO’s technical liaison committee, at which the reconsidered regulations were discussed. One of the aspects that were focused on, is the so-called free-range dairy products and dairy farms.
“The department undertook an investigation on free-range dairy farms and is currently updating clauses with regard to the specifications and standards of these farms and dairy products. An extremely thorough and transparent investigation was conducted, during which producers’ needs were also considered.”
The Dairy Mail neem afskeid
Agri Connect het in Augustus afskeid geneem van sy advertensiebestuurder, Mabel Schmahl. Edu Roux, Agri Connect se waarnemende hoofbestuurder, sê dit is ’n groot verlies om iemand van Mabel se statuur te verloor.”
Mabel was vanaf Februarie 2002 by The Dairy Mail betrokke as advertensiekonsultant en het later ook ander tydskrifte van Agri Connect bemark. Adverteerders wat jare lank Mabel se kliënte was, kan steeds uitsien na professionele diens en ’n uitstekende bemarkingsplatform vir hul dienste en produkte gemik op die melkbedryf. Vir meer inligting oor advertensietariewe en -opsies, skakel Agri Connect by 012 843 5600 of stuur e-pos na advertising@agriconnect.co.za