Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

Koeitjies en Kalfies - September 2010

Wengrappie
’n Boer, Piet, was in ’n motorongeluk. In die hof, is die vervoermaatskappy se hot shot prokureur besig om hom te ondervra: “Het jy op die ongelukstoneel gesê: ‘Ek's orraait!’” vra die prokureur.

Piet: “Wel, kom ek vertel jou wat gebeur het. Ek het net my gunstelingkoei, Bessie, op die sleepwa gelaai en ...” Die prokureur val hom in die rede: “Ek vra nie vir detail nie, antwoord net die vraag. Het jy, op die ongelukstoneel gesê: ‘Eks oraait!’ ja of nee?” Piet: “Wel, ek het net vir Bessie op die sleepwa gehad en ek was skaars op die pad ...”

Die prokureur val hom weer in die rede en sê aan die regter: “Edelagbare, ek probeer net die feit vasstel, dat hierdie man, by die ongelukstoneel, aan die verkeersman gesê het dat hy oraait is. Nou probeer hy my kliënt dagvaar. Ek glo vas hy is ’n bedrieër. Sê asseblief vir hom hy moet net die vraag beantwoord.”

Teen hierdie tyd is die regter al redelik geïnteresseerd in Piet se storie oor Bessie, en sê vir die prokureur: “Ek wil graag sy storie oor die koei hoor.” Ou Piet bedank die regter en gaan voort met sy storie. “Wel, soos ek gesê het, ek het net vir Bessie op die sleepwa gelaai en was op die pad toe daar skielik ’n moerse trok van die kant af kom, ’n stopstraat skip en my bakkie en sleepwa in hulle dinges inry. Ek is eenkant toe gegooi in ’n sloot en Bessie anderkant toe in ’n ander sloot. Ek was seer, nogal erg seer en wou nie beweeg nie. In elk geval, ek het toe vir Bessie gehoor kerm en ek het geweet sy is in erge pyn, net deur te luister na haar kreune. Nou, net ná die ongeluk, kom daar ’n spietkop op die toneel aan en hoor toe ook Bessie se gekerm, en stap toe nader aan haar. Nadat hy na haar gekyk het en die toestand gesien het waarin sy was, het hy sy pistool uitge­trek en haar tussen die oë geskiet.

“Toe kom die spietkop oor die pad na my kant toe, sy pistool nog steeds in sy hand, en hy vra: ‘Hoe voel jy?’

“Nou vertel vir my, meneer prokureur, wat de &^% sou jy vir hom gesê het?” Hanneline Maritz

Yslike misverstand
’n Man strompel by die hospitaal in met harsingskudding, verskeie kneuswonde, twee blou oë en ’n vyfyster netjies om sy keel gevou. Natuurlik wil die dokter weet wat gebeur het. “Wel,” sê die man, “ek en my vrou het gholf gespeel, en ons albei het ons houe skeef getrek tussen ’n klomp weiende koeie in.

“Terwyl ons na ons balle soek, sien ek een van die koeie het iets wit in haar agterent. Ek stap toe nader, lig haar stert en jou wrintie, daar sit my vrou se gholfbal netjies ingeplant. Terwyl ek steeds die koei se stert in die lug hou, het ek vir my vrou geskree: ‘Haai liefie, dit lyk soos joune!’ Ek onthou nie veel van wat daarna gebeur het nie.” Hanneline Maritz

E-mail this article