Welcome to The Dairy Mail

Login / Register (it's free)

You are not logged in.

MPO news • MPO nuus - August 2010

Werksgroep kyk na kaasinvoere
Die MPO, onder leiding van me Barbara Bieldt, het onlangs met verteenwoordigers van die sekondêre bedryf vergader om onder andere die SA/EU-handelsooreenskoms wat binnekort geïmplementeer gaan word, te bespreek. Die doeane-en-markbeheerwerkgroep het na die administrasie en beheer van toegewings gekyk wat die Europese Unie in staat sal stel om ongeveer 6 500 ton kaas teen geen tarief na Suid-Afrika uit te voer.
Die ooreenkoms bepaal egter dat die kaas nie gesubsidieer mag wees nie. Me Bieldt sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gaan genader word om onduidelikhede rakende die administrasie en beheer van kaaskwota-toewy­sings vanuit die EU uit te skakel en te verseker dat daar geen skuiwergate is nie.

Die vergadering het verder uitvoersertifise­ring bespreek en na die plaaslike invoersituasie, veral die invoer van UHT-melk, gekyk.

2012 World Dairy Summit in SA
South Africa is the host country for the International Dairy Federation’s (IDF) 2012 World Dairy Summit. The summit is an annual event during which the world’s dairy leaders come together to discuss and plan the future of dairy. Bertus de Jongh, CEO of the MPO, says the summit is a wonderful opportunity for South Africa and the local dairy industry to put their best foot forward.

The MPO last month met with representatives of the IDF and other dairy organisations to discuss the summit. Items on the agenda included the budget, theme, venue and speakers. The summit attracts up to 2 500 visitors each year. Dairy farmers attend the summit to listen and take part in the informative discussions and workshops presented. Other draw cards include the newest developments in dairy technology as well as the chance to share information with dairy farmers from around the world. This year’s summit will be held in New Zealand.

Suiwelkenners positief oor toekoms
Internasionale suiwelkenners is oor die algemeen positief oor die toekoms. So sê dr Koos Coetzee, wat die jaarlikse kongres van die International Farm Comparison Network (IFCN) in Duitsland in Junie bygewoon het. Dit is volgens Coetzee die algemene gevoel onder die 65 suiwelwetenskaplikes by die kongres. Hy meen dit dui daarop dat produsenteprystendense positief gaan wees in die volgende twee jaar. ’n Studie deur die IFCN toon dat melkproduksie stadiger groei as melkverbruik, grootliks weens ’n groeiende bevolking en verbeterde ekonomiese groei, veral in ontwikkelende lande. Hoewel prysaandui­ders positief is, gaan die wisselende pryse wat die afgelope twee jaar ervaar word, grootliks voortduur en is dit bykans onmoontlik om korttermynprystendense te voorspel.

CenDel help opkomende boere
Die MPO se Sentrum vir Produsenteontwikkeling (CenDel) het verlede maand met verteenwoordigers van die Gautengse provinsiale departement van landbou en ander landbou-organisasie­s vergader om die herkapitalisering van opkomend­e boere te bespreek. Dr Nico Schutte, besturende direkteur van CenDel, sê dat die regering hulp aan alle bestaande opkomende boere wat onder druk is, wil verleen. CenDel en die MPO se Instituut vir Suiweltegnologie (IST) is genader om die regering by te staan. Schutte sê CenDel gaan ook hulp verleen om opkomende, behoeftige boere te identifiseer en sal mentors aanstel om te verseker dat die geld reg aangewend word.

SA milk producers on par with world
Preliminary results made available during the IFCN conference indicates that South African milk producers in 2009 once again produced milk at a lower cost than in many other countries. South Africa’s production costs, in both pasture and TMR-based systems, is comparable to the production costs of similar systems in other countries and in many cases even lower than in top countries. According to Coetzee, who represents the local dairy industry at the conference, it is encouraging that the South African milk producer can still produce milk competitively.

MPO clamps down on importers
The MPO and its forensic investigation company, Agri Inspec, are currently clamping down on more importers of low-priced and substandard dairy products. Ms Barbara Bieldt of the MPO says that they recently achieved success by forwarding the details of a number of importers, who imported dairy products at prices lower than the current market and international prices, to the South African Revenue Services’ risk management department. Bieldt says the prices of some of the importers involved had doubled as a result of these actions.

The MPO is also planning to organise meetings with the minister of trade and industry as well as the high commissioner of the International Trade Administration Commission (ITAC) to discuss the effect of low-priced imports on milk producers. A formal complaint will also be lodged with the American agricultural attaché regarding consignments of milk powder and cheese, which were imported from the USA at low prices.

Although small amounts were imported, Bieldt says the products were subsidised by the US govern­ment and is imported at uncompetitive prices. The MPO will apply pressure in a bid to encourage the American government to take action against these importers and supply the relevant information to the South African authorities. These steps previously yielded positive results.

MPO verhoed Chinese invoere
Die MPO het tydens sy onlangse maandelikse invoervergadering met Agri Inspec verneem dat sy aksies ten opsigte van onwettige invoere daartoe gelei het dat geen invoere van China na Suid-Afrika die afgelope drie maande binnegekom het nie. Mnr Bertus de Jongh sê die MPO het hom veral op onwettige en substandaard-invoere toegespits.

Hy sê verder Agri Inspec ondersoek die moontlikheid om permanente kantore by Durban en Kaapstad se hawens op te rig in ’n poging om die amptenare van Agri Inspec by dié hawens te ondersteun om invoere beter te kan beheer.

MPO, Agri Inspec en SAID vergader
Die MPO het onlangs met die hoofde van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se risikobeheer- en waardebepalingsafdelings vergader om inligting rakende onwettige invoere uit te ruil.

Die MPO, verteenwoordig deur me Barbara Bieldt, me Adel Spies en mnr Hennie Kleynhans van Agri Inspec, het inligting oor laaggepryste- en substandaard-invoere aan die SAID voorgelê en voorstelle gemaak oor hoe invoere nog beter beheer kan word. Bieldt sê die onderskeie afdelingshoofde was beïndruk met die inligting wat Agri Inspec aan hulle beskikbaar gestel het. Die vergadering het ooreengekom dat Agri Inspec en die twee afdelings van die SAID in die toekoms baie nou gaan saamwerk en op ’n gereelde grondslag inligting oor ­invoere gaan bespreek.

Die MPO en die SAID is opgewonde oor die nuwe vlak van samewerking en onder­steuning wat gaan lei tot meer doeltreffende beheer oor, onder andere, invoerpryse, gehalte en verkeerde verklarings. Bieldt sê hierdie ooreenkoms sal ook daartoe lei dat invoerders wat hulself herhaaldelik aan onwettige invoere skuldig maak, ook vasgetrek sal word.

E-mail this article