Welcome to The Dairy Mail
Koeitjies en kalfies - August 2010
Wengrappie
Eendag merk die dominee ’n seuntjie in die voorportaal van die kerk, wat aandagtig na ’n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Daar was baie name op met klein landsvlaggies aan weerskante. Dominee stap nader, gaan langs die seuntjie staan en sê saggies: “Goeiemôre my seun.”
“Môre, dominee,” sê hy met sy oë nog vasgenael op die plaat. “Dominee, wat is dit hierdie?” vra hy.
Dominee: “Wel my seun, dis ’n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het.”
In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee voor die plaat en staar na die name. Uiteindelik, in ’n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: “Watter diens, Dominee? Die oggend, of die aanddiens?” – Jannie de Beer
***
Die oorsaak van die kwaad
Gamat sit in sy garage waar hy die laaste goed moet ontruim en bepeins sy lot. Hy’t sy huis verloor, sy werk verloor en sy vrou het die kinders gevat en hom geskei.
Hy sien ’n kas met wynbottels en loop soontoe.
Hy vat ’n leë bottel, smyt dit teen die muur en skel: “Djy issie reason lat ekkie ’n vrou hettie!”
Hy vat ’n tweede bottel: “Djy issie reason lat ekkie kinners hettie!”
Derde bottel: “Djy issie reason lat ekkie ’n job hettie!”
Vierde bottel: “Djy issie reason lat ekkie ’n huis hettie!’ Hy vat die vyfde bottel en sien dis nog nie oopgemaak nie – vol wyn. Hy sit die bottel saggies neer en sê: ‘Staan djy eers eenkant toe, my broe. Ek sien djy wassie involved nie.”
When love fades
Last night I was sitting on the sofa watching TV when I heard my wife’s sweet voice from the kitchen.
“What would you like for dinner, my love? Chicken, beef or lamb?”
I said, “Thank you, I’ll have chicken.”
She replied, “You’re having soup, silly. I was talking to the cat.”
***
It’s a cruel world
A teenage boy had just passed his driving test and asked his father when they could discuss his use of the car.
His father said he’d make a deal with his son: “You bring your grades up from a C to a B average, study your Bible a little, and get your hair cut. Then we’ll talk about the car.”
The boy thought about that for a moment, decided he’d settle for the offer, and they agreed on it.
After about six weeks, his father said, “Son, you’ve brought your grades up and I’ve observed that you have been studying your Bible, but I’m disappointed you haven’t had your hair cut.”
The boy said, “You know, Dad, I’ve been thinking about that, and I’ve noticed in my studies of the Bible that Samson had long hair, John the Baptist had long hair, Moses had long hair ... and there’s even strong evidence that Jesus had long hair.”
To this his father replied, “Did you also notice they walked everywhere they went?”