Welcome to The Dairy Mail
Redakteursbrief - August 2010
• Kortliks Nasionaal
Koeipryse in Suid-Kaap stort in duie
Die gevolge van die ernstige droogte in die Suid-Kaap, tesame met die produsenteprys wat verlaag is, kring nou selfs wyer uit as verwag. Pryse wat in Julie vir melkkoeie aangebied is, was amper die helfte minder as vroeër en die vraag na diere het feitlik opgedroog. Ruvoervoorrade is uitgeput en inkooppryse is tans baie duur.
Boere moet nou uiters belangrike besluite neem. Sommige produsente neem glo selfs dragtige verse abattoir toe omdat hulle nie meer die diere ekonomies geregverdig kan aanhou nie. Vee-agente sê dat hulle nou, ná die verlaging, totale kuddes in die mark het, maar feitlik geen belangstellende kopers nie.
Produsente probeer tans selfs van hul ander bates, soos implemente, saaimasjiene en trekkers, verkoop vir oorlewing. Koeie en implemente word dikwels aangebied as sekuriteit vir bank- en koöperasielenings, maar met verlaging in koeiwaarde het dit ook nou reuse-implikasies. – mjswart@worldonline.co.za
Parmalat CEO resigns
Nic Wentzel, CEO of Parmalat, resigned early in July. He will relocate to Gauteng to pursue business interests elsewhere when his notice period ends on July 31. He resigned because of personal reasons.
Antonio Vanoli, general manager in charge of operations for Parmalat SpA, mother company of Parmalat SA, said Parmalat SA thanked Wentzel for his “commitment to making our business a success and for his professionalism. We warmly wish him all the best for his future endeavours.”
Informing Parmalat SA and Africa staff of his resignation, Wentzel said he stepped down as CEO “with a mixture of regret and pride. While much work remains to be done at Parmalat to further build and strengthen our position as a market leader in the dairy industry, we can all be extremely proud of what we have accomplished during the past year. During my 14-month tenure the team had to work hard to increase profitability – we did so realising cost savings and improving our operational efficiencies and effectiveness.” – Parmalat
Swaar boetes ontstel
Sinvoller maniere as swaar boetes bestaan om onmededingende gedrag hok te slaan, sê Schalk Pienaar, nuwe voorsitter van die Landboubesigheidskamer (LBK) en uitvoerende hoof van die landboumaatskappy, Suidwes.
Die vrees vir vervolging waarmee landbou-ondernemings deesdae elke saketransaksie aanpak, was nooit die bedoeling van die Wet op Mededinging (Wet 89 van 1998) nie, sê hy. Pienaar sê die Mededingingskommissie se swaar boetes en die indruk dat vervolging amper obsessief nagejaag word, laat die vraag ontstaan of Suid-Afrika se ondernemings kan groei en presteer omdat elke transaksie met buitengewone omsigtigheid gehanteer word. – www.landbou.com
Meer belastinggeld vir grond
As alle belastingbetalers net ’n halfpersent ekstra belasting betaal, sal genoeg geld beskikbaar wees om grondhervorming vinniger en suksesvol af te handel. Dit, en die bereidwilligheid van die kommersiële boere om te help, kan ’n oplossing bied. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, het tydens die Inmaakvrugte-Produsentevereniging (IPV) se jaarvergadering op Worcester gesê, verreweg die meeste kommersiële boere in die Wes-Kaap en die res van die land is optimisties en bereidwillig om grondhervorming te laat werk, maar geldtekorte vir grondaankope ontbreek dikwels.
Van Rensburg sê sy departement werk op ’n suksesskaal van 60% vir projekte om opkomende boerprojekte in die volgende vyf jaar van stapel te stuur. “Grondhervorming was die afgelope
16 jaar ’n klaaglike mislukking in Suid-Afrika .... tog sal onteiening of pogings om die land in kleiner boerderye te probeer opdeel, niks aan die saak verbeter nie. Dit gaan oor die mens op die grond se wíl om te boer.” Van Rensburg het ’n beroep op almal gedoen om saam met die regering te werk om die probleem op te los.
– www.landbou.com
Boere gewaarsku teen vrugtevlieg
Die departement van landbou, bosbou en visserye het vrugteboere in Limpopo gewaarsku dat die vrugtevliegspesie, Bactrocera invadens, in vlieëstrikke opgemerk is. Die vlieg is ’n kwarantynpes wat reeds groot skade aan vrugte in Suidelike-Afrika aangerig het. Intussen het die departement van landbou, bosbou en visserye ’n aksie van stapel gestuur om die omvang van die pes te bepaal.
Die departement het reeds in Januarie 2006 begin met ’n projek om ’n netwerk van vrugtevliegstrikke op te rig om te dien as vroeë waarskuwingsmiddel teen vrugtevlieë, soos Bactrocera invadens, wat ook bekend staan as die indringervrugtevlieg. Strikke is in produksiegebiede, langs paaie, by hawens en in gebiede naby aan munisipale stortingsterreine geplaas.
Gedurende 2008 het Mosambiek, Namibië en Zambië die teenwoordigheid van die indringervrugtevlieg in hul onderskeie lande aangemeld. Hierdie suidwaartse migrasie van die vlieg het die Suid-Afrikaanse regering genoop om pogings te verskerp om enige indringervlieë op te spoor, veral in die noordelike en oostelike grense van die land. Die vrugtebedryf word ook as waardevolle vennoot gesien in die stryd teen indringer vrugtevlieë; derhalwe is die hulp van Citrus Research International, die Sitrusprodusentevereniging, die Sagtevrugtekwekersvereniging, die Suid-Afrikaanse Tafeldruifvereniging en die subtropiese vrugtekwekersvereniging ingeroep om te help.
– Agri Connect Landbouradio
Onwettige invoere onder loep
Die moniteringsmaatskappy, Agri Inspec, het die afgelope jaar en ’n half verskeie sake van onwettige handel in lewende hawe en vleis vanuit Afrika na Suid-Afrika ondersoek.
Die grootste smokkelhandelprobleem van veral skaap spruit veral uit Namibië en beïnvloed veral die skaapbedryf. Dit sluit ook die onwettige invoer van vleis en speenkalwers in.
“Smokkelhandel van lewende hawe vind tans op so ’n skaal plaas dat dit enige reëlingskema oneffektief maak,” sê Hennie Kleynhans.
Tans bepaal die huidige skema dat slegs een lewende skaap na Suid-Afrika uitgevoer mag word vir elke ses skape wat in Namibië geslag is.
Volgens Agri Inspec se ondersoek blyk hierdie verhouding van 1 : 6 nader aan 1 : 4 of selfs erger te wees weens die smokkelhandel wat onverpoosd voortgaan. Agri Inspec Moniteringsdienste het ’n mandaat van verskeie kliënte in Suid-Afrika en buurlande om namens hulle billike handelspraktyke te verseker. – Agri Connect
Vergadering met kommissie
’n Reeks vrae wat onlangs deur die Mededingingskommissie geopper is, het dr John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer, die departement van landbou, bosbou en visserye, asook die nasionale landboubemarkingsraad genoop om met die kommissie te vergader.
Ná afloop van die vergadering is besluit dat die onderskeie rolspelers die uitruil van inligting in die bedryf sal bestudeer, om wetlike voorskrifte na te kom. Die idee is om aksies wat kartelvorming kan aanmoedig, te voorkom.
– Agri Connect Landbouradio
• Briefly International
Milk powder prices still dropping
In July, milk powder prices eased for a third month at auction as concerns about a faltering global economic recovery curbed demand, according to Fonterra Cooperative Group Ltd, the world’s largest dairy exporter.
Whole milk powder for September delivery fell 15% to $3 435 per tonne in the company’s latest global DairyTrade auction, the Auckland-based Fonterra said in a statement, citing a trade-weighted price index. Prices have been falling from a 21-month high of $4 092 per tonne at the company’s April auction. – businessweek.com
Blou mozzarella ontstel Italianers
’n Besending mozzarella wat blou geword het nadat dit oopgemaak is, het die Italianers rooi laat sien. Die land se departement van landbou het ’n versoek gerig dat etikette wat die land van oorsprong aandui, nou op soortgelyke produkte aangebring moet word. Sowat 70 000 balletjies mozzarella is deur owerhede in Italië gekonfiskeer nadat verbruikers ingelig is dat die kaas ’n blou skynsel ontwikkel wanneer dit aan lug blootgestel word, berig Associated Press. Alhoewel geen nadelige gevolge aangemeld is nie, word die kaas steeds getoets en ’n waarskuwing is uitgereik ingevolge die Europese kontroledienste. Die waarskuwing waarsku verbruikers teen ‘blougekleurde’ mozzarella vanaf Duitsland en wat moontlik in Italië en Slovenië verkoop is. Na wat berig word is die kaas in Duitsland geproduseer vir ‘n Italiaanse firma, maar geeneen van die partye is geïdentifiseer nie.
Danone and Unimilk sign deal
Danone and Unimilk have agreed to merge their Russian and CIS dairy businesses to create a new entity with annual sales of about €1,5 billion. The deal will give the Danone-Unimilk business a leading position in the CIS region, especially in Russia, where it will have a 21% market share.
Danone will control a 57,5% interest in the new entity, which will count 18 000 employees with operations in Russia, Ukraine, Kazakhstan and Belarus.
In a statement, Danone said the tie-up with Unimilk is highly complementary, with the former bringing its global trade position and expertise to play, while the latter offers strong local brands and knowledge, plus a well-established distribution network in the region. Also, Danone said the deal is a good geographical fit, as Danone currently operates mainly in western Russia, while Unimilk has a higher profile to the east.
In total, Unimilk has 28 production sites in Russia, Ukraine, and Belarus, and employs 14 000 people. Its sales in 2009 amounted to €1 billion (7% up on 2008). – www.dairyreporter.com
Chinese dairy farmers climb ranks
Analysts at the Rabobank said the main conclusion of the 2009 ranking is that the number of companies from non-Western countries is steadily increasing. Last year, Chinese firm Mengniu entered the top 20 and this year, it was the turn of Yili, another Chinese dairy, to break into the list. Rabobank said both companies gained places thanks to the relative stability of both their currency and local retail prices.
No Latin-American firms currently feature in the top 20 list but according to the bank, two are poised to join the club of big global dairies. Following its acquisition of National Dairy Holdings last year, Mexico-based Grupo Lala should already be in the top 20 and only missed out this time owing to a lack of public financial data.
Next year, the merger of Itambé, Centro Leche, Confepar, Mineiras Cemil and Mines Milk will undoubtedly result in a Brazilian entrant in the top 20, as long as it is completed successfully.
European, North American and Australasian companies continue to dominate the upper echelons of the dairy industry taking all of the top 10 places. The biggest five companies on the list were Nestlé, Danone, Lactalis, FrieslandCampina and Fonterra. – www.dairyreporter.com
Alpine cheese flavour enhanced
Propionic acid bacteria are commonly used in the production of Alpine cheeses such as Emmental and Maasdam, which collectively is said to account for 7% of global cheese production.
By means of lactate fermentation, the bacteria generate propionic and acetic acid during cheese fermentation. This gives the cheese a characteristically sweet and nutty flavour, while the carbon dioxide generated produces large holes or ‘eyes’. – www.dairyreporter.com
Drought assistance extended
The New South Wales government is giving drought-affected areas of the state further support with the extension of a $6,7 million drought assistance package. Premier Kristina Keneally also supports an extension to the employment of drought support workers for a further 12 months, rather than the usual six-month extension. Other drought support measures extended for qualifying rural businesses include a 50% drought transport subsidy until 30 September 2010 and payroll tax relief for 2010/11.
“The $6,7 million extension of all current financial and social support measures available to farmers and other rural businesses will give farmers the support they need to rebuild their lives and businesses. This is about helping our regional communities get back on their feet – many who have endured up to nine years of drought,” Ms Keneally said.
“This is despite widespread rains throughout the division, flooding in the northern areas and southern sections of the region having had the best autumn break in 20 years.” However, dust storms in the spring of 2009 resulted in almost all stock being removed from the north-west quarter of the Western Division. – www.dairyreporter.com
Boere kort ’n verhoging
Tydens ’n parlementêre sitting in die Australiese hoofstad Canberra, is daar gesê dat boere ’n salarisverhoging benodig indien daar van hulle verwag gaan word om volhoubaar voedsel vir die wêreld te produseer. Wetenskapskrywer en voormalige hoof van CSIRO Media, prof Julian Cribb, het onlangs aan ’n ondersoekspan van die senaat gesê, groot beleggings is nodig om boerdery lewensvatbaar te hou. In teenstelling hiermee is toenemende mededinging deur supermarkgroepe vir goedkoper voedselvoorrade besig om plaaslike landboubedrywe te vernietig en al hoe meer mense uit die landbou te dryf. Prof Cribb het aan die sitting gesê daar is tans geen aansporing vir boere of wetenskaplikes om in landbou te belê nie, aangesien die terugbetaling so klein is. “Ons sien wat tans in Australië gebeur: die suiwelbedryf, die vrugte- en groentebedryf en so meer.
Hierdie bedrywe is onder ontsettende groot druk as gevolg van die globalisering van produkpryse. Volgens my, is hierdie ’n doodloopstraat. Indien hiermee voortgegaan word, sal al hoe meer mense die landbou verlaat, ’n groot hoeveelheid lewensvatbare landbou-ondernemings sal tot niet gaan, grond en water gaan oorbenut word en globale voedselsekerheid gaan vir seker in gevaar kom. My gevolgtrekking is dus dat boere wêreldwyd ’n salarisverhoging nodig het, andersins gaan hulle nie die nodige beleggings maak wat nodig is vir volhoubare globale voedselproduksie nie.” – persverklaring
New laser sorter for nut makers
A new self-learning optical laser sorter system combines shape, colour and structure functionality to aid improved defect efficiency and minimise false rejects for manufacturers of treenuts, peas, French beans and berries initially, says Visys.
Laser sorters are used in the food industry to ensure no visible contaminants or misshapen products – halves instead of whole pieces – are included in their packaged products. Sticks, earth clots, wood and stones are typical erroneous matter found in nut and vegetable processing.
The Python Smart Optical Laser Sorter is the first sensor-based tooling system to provide shape and colour analysis with foreign matter detection based on cell structure. According to manufacturers, the new equipment represents fourth-generation digital sorting technology, following on from the initial mechanical approach, which evolved into analogue and subsequently digital based laser detection systems. – www.foodproductiondaily.com